Find the right local SA accountant now!

JOU REKENMEESTER SE ROL

Rekenmeester
 

Voordat ek hierdie hoofstuk afsluit, moet ek kortliks iets se oor die rol wat ‘n rekenmeester in 'n entrepreneur se lewe gaan speel. Ek het vroeër wel genome dat jy nie moet wag totdat hy of sy vir jou terugvoer gee voordat jy daaglikse operasionele besluite neem nie, maar jy het tog hierdie persoon se algemene leiding nodig.

In wese is besigheid eintlik baie eenvoudig. Geld kom in en gaan uit, en wat oorbly.is joune! 'n Rekenmeeester se taak is om die finansiële inligting op so 'n mal rangskik dat almal - jy, die entrepreneur, jou finansiers en die belastinggaarder – kan sien wat besig is om in jou onderneming te gebeur.  Dit is ‘n belangrike funksie en ek wil jou dus aanraai om ‘n rekenmeester versigtig te kies.

In my ervaring is die meeste entrepreneurs kenners op hul gebied.  Hoewel hulle hoogs bekwame individue is, kan maar min van hulle regtig goed met geld werk.  As jy een van dié soort mense is, wil ek jou aanmoedig om geen tyd en moeite te ontsien om die regte rekenmeester te vind nie.  Stel ‘n kortlys van kandidate op en gaan hulle verwysings na.  Maak ook seker dat:

  • De rekenmeester bereid is om aanvanklik tyd saam met jou te spandeer om meer te wete te kom oor jou besigheid en wat alles betrokke is;
     
  • Julle twee op ‘n vlak kan kommunikeer waarmee jy gemaklik is

By tye sal dit voel of jou rekenmeester, naas jou gesin, de belangrikste persoon in jou lewe is.  Onthou egter dat hy meer soos ‘n tellinghouer in ‘n krieketwedstryd is.  Hierdie persoon teken die syfers wel akkuraat aan, maar hy is nie die een wat die span gaan laat wen nie.  My raad is dus soos volg: let noukeurig op wat jou rekenmeester te sê het en oorweeg dit, maar moenie toelaat dat hy of sy jou styl inperk nie!

MEER OOR REKENAARS