Find the right local SA accountant now!

VENNOOTSKAP BELASTING

Views from our listed attorneys


‘n Vennootskap is nie ‘n regsentiteit nie en verdermeer, ‘n Vennootskap word nie ingesluit in die definisie van ‘n persoon in die Inkomstebelastingewet nie.  Om hierdie rede word die Vennootskap nie apart geregistreer vir Inkomstebelasting nie.

Aangesien almal in Suid-Afrika vir belasting geregistreer moet wees, hoe werk dit dan?

Hierdie artikel sal kortliks verduidelik.

Meer oor Vennootskkappe en Hoe Vennootskappe Werk

‘N VENNOOTSKAP EN INKOMSTEBELASTING

Alhoewel ‘n Vennootskap nie ‘n regsentiteit is nie en alhoewel dit nie vir inkomstebelasting geregistreer word nie, verwys die Inkomstebelastingwet wel na Vennootskappe.  Al die vennote in die Vennootskap moet ‘n gesamentlike belasting opgawe indien.  Elke vennoot moet ook ‘n aparte belastingopgawe indien vir hom/haarself.

Elke vennoot sal belas word ooreenkomstig sy/haar deel in die Vennootskapswinste.  Dit beteken dus dat elke vennoot apart belas gaan word en nie die Vennootskap self nie.  Elke vennoot moet ook sy/haar deel van sy/haar gewone inkomstebelasting betaal.

Soos ons verduidelik in ons ander artikels, die skakels waarheen u kan volg in die eerste gedeelte van hierdie artikel, deel die vennote in ‘n Vennootskap volgens ‘n vooraf ooreengekome ratio.  Die ratio sal uiteengesit word in die Vennootskapsooreenkoms en sal dienooreenkomstig elke vennoot se bydrae tot die Vennootskap wees. As daar nie ‘n Vennootskapsooreenkoms op skrif is nie, behoort die mondelingse ooreenkoms tussen die vennote te bepaal hoe die winsdeling sal geskied en as daar nie bepaal kan word wat die mondelingse ooreenkoms is nie, dan sal daar elke vennnoot deel in die wins van die Vennootskap ooreenkomstig sy/haar bydrae tot die Vennootskap.

Dit beteken dus dat aangesien elke vennoot ‘n inkomste van die Vennootskap ontvang ooreenkomstig die voorafbepaalde ratio, is elke venoot ook aanspreeklik vir inkomstebelasting op die inkomste van die Vennootskap ooreenkomstig sy/haar ratio aandeel.  Die inkomste word geag deur elke vennoot ontvang te word op dieselfde dag was wat die inkomste die Vennootskap toeval. Aangesien daar ook uitgawes in die Vennootskap sal wees, word dit geag as aangegaan te gewees het deur elke vennot in dieselfde ratio as waarop die wins gedeel word en hierdie uitgawes kan ook afgetrek word van die inkomste van elke vennoot ooreenkomstig hierdie ratio.

Alhoewel elke vennoot basies ‘n inkomste vanaf die Vennootskap verdien en gewone inkomstebelasting verdien, word vennote nie geag werknemers te wees van die Vennootskap nie. Slegs werknemers is geregtig op sekere items wat van belasting afgetrek kan word, naamlik sekere byvoordele (fringe benefits). Sekere van hierdie byvoordele is onder andere waar ‘n werkgewer ‘n bydrae maak tot ‘n werknemer se pensioenfonds en mediese fonds, is dit aftrekbaar van die werknemer se inkomste sodat hy minder belasting betaal.  Alhoewel die vennote in ‘n Vennootskap nie as werknemers geag word nie, is elke vennoot egter geregtig daarop om enige bydrae tot ‘n pensioenfonds of mediese fonds van sy inkomste af te trek en sodoende sy inkomstebelasting te verminder.

‘N VENNOOTSKAP EN KAPITAALWINSBELASTING

Dit word geag dat, wanneer ‘n persoon sterf, hy sy bates aan sy boedel oorgemaak het teen markwaarde.  Indien daar ‘n kapitale wins gemaak word deur hierdie geagte oordrag, sal die oorledene se boedel aanspreeklik wees vir kapitaalwinsbelasting van 33.3% op so ‘n wins.  Byvoorbeeld, indien Mnr X ‘n item gekoop het vir        R500 000 en hy verkoop dit vir R700 000, dan het hy ‘n kapitale wins gemaak van R200 000. Hy sal dus aanspreeklik wees vir kapitaalwins as volg:  33.3% van     R200 000 is R66,600-00.  Die R66,600 sal ingesluit word in die belasbare inkomste van die oorledene, en sal hy belasting op die R66,600 betaal teen die koers waarteen hy normaalweg belasting betaal.  Kom ons neem die hoogste koers naamlik 40% - Mnr X sal dus R66,600 x 40% = R26,664 kapitaalwinsbelasting betaal in so ‘n geval.

Daar is egter ‘n vergunning wat gemaak word deur die Inkomstebelastingwet, naamlik dat indien ‘n persoon ‘n belang in ‘n klein besigheid verkoop, dan sal hy/sy kwalifiseer dat ‘n maksimum van R1,800,000 van daardie wins geignoreer kan word.  ‘n Vennootskap is ‘n klein besigheid en sal so ‘n vennoot dus die R1,800,000 kan aftrek van enige kapitale wins wat hy gemaak het.  Mnr X, in ons voorbeeld hierbo, sal dus geen kapitaalwinsbelasting betaal nie.

‘N VENOOTSKAP EN BTW

In terme van die BTW Wet word ‘n Venootskap geag ‘n persoon te wees. Derhalwe kan ‘n Vennootskap in sy eie naam vir BTW geregistreer word.